Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Tuesday, May 6, 2008

Die rykste man in Babilon deur George S Clason


Die rykste man in BabilonDie rykste man in Babilon
Author: George S. Clason
Format: Softcover



Description:
Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue.

Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk.

In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word.

Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa




Monday, April 7, 2008

Die Judasbok deur Dalene Matthee


Die Judasbok deur Dalene MattheeDie Judasbok
Author: Dalene Matthee
Format: Hardcover



Description:
Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit.

"As ek uit die skool is, gaan ek ... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word."

Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa




Wednesday, January 16, 2008

Spreekkamerstories by Fana Malherbe


SpreekkamerstoriesSpreekkamerstories
Author: Fana Malherbe
Format: Softcover




Description:
Erns en skerts, vreugde en smart - die lag met 'n traan - vorm in humor soos ons dit vandag verstaan 'n wonderlike harmonie.

Ons praat van die operasiekamer as die teater - 'n teater waar chirurg en verpleegster die hoofrolle vertolk en waar inderdaad soms groot dramas afspeel, selfs tragedies, maar waar die gang van sake gewoonlik rustig en doelgerig is, en ook humor sy plek het.

Die meeste van die stories - deur die skrywer versamel oor 'n periode van meer as veertig jaar - het werklik met dokters en hulle pasiënte gebeur en is voorbeelde van humor, van die siening van pasiënt en dokter.


Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa